0788311330 / 0762784857
Tuindwergies Kleuterskool en Naskool sentrum
Tuindwergies Creche and Aftercare
Speel, speel is niks vir ons te veel!
We learn to play and play to learn!
KLEUTERSKOOL IN PTA TUINE
6 weke tot graad R
Tuindwergies kleuterskool! Opsoek na n goeie kleuterskool in Tuine? Kom loer gerus by ons. Ons vat babas vanaf 6 weke tot graad R. Die Speel, Leer, Wen kurrikulum word gevolg. Die kurrikulum is die voorloper vir CAPS wat vanaf graad R gevolg word. Ons klassies bied jou kind die geleentheid om mylpale te behaal en ten volle te ontwikkel. Babamasering en rek en strek oefeninge word daagliks in babaklasse gedoen. Ons gee baie aandag aan nodige stimulasie en persepsuele ontwikkeling. Ons het n gekwalifiseerde graad R juffrou en ons volg die departementele CAPS program in die graad R klas. Vorige jare se graad R maats presteer goed op skool en baie van hulle is top presteerders. Bak-en-brou en WEN-spel aktiwiteite is ingesluit by skoolfonds. Die doel van die WEN-spel program is om u kind se motoriese ontwikkeling in geheel te laat ontwikkel. Kom sluit gerus by die wenspan aan! Kontak my by 0788311330
Tuindwergie Nuus
Wat moet mamma en pappa weet?
Lentedag!
Spring!
​
Ons is baie bly die lente is hier! Ons gaan lekker partytjie hou! Ons gaan  `n springkasteel by die skool he en ons gaan ons gesiggies verf :-)
It is Spring time! We are going to have a big party at school! We are going to enjoy our self with a jumping castle and face paint :-)
Tuindwergies konsert!
Tuindwergies concert!
Ons hou weer November ons jaarlikse konsert en gradeplegtigheid! Ons is hard aan die oefen. Ons maatjies moet asseblief elke dag skool toe kom.Â
We are having our yearly concert and graduation in November! We are practicing for the concert. Please bring your child to school every day.
News Title
Ons begin met ons leerprogram! Alle maats moet asseblief 07:30 in die oggend reeds by die skool wees. Ons begin dan met ons klassies en ons wil nie graag he ons maats moet iets mis nie.
Hou gerus ons kalender dop vir alle belangrike datums
WEN-spel aktiwiteite
Ons kinders leer deur te speel
Tydens die aktiwiteite fokus ons op die motoriese ontwikkeling van ons maats. Ons geniet dit baie om te beweeg en alles met ons lyfies te ervaar. Juffrou speel te lekker saam met ons en sy wys vir ons allerhande nuwe goedjies wat ons kan doen!
Klassies vir alle ouderdomme
Babaprogram en leerprogram
Kunsaktiwiteite
Hou gerus ons Facebook blad dop vir inligting en fotos