top of page
download.png

Klassies vir alle ouderdomme

In ons klasse word daar gefokus op die totale ontwikkeling van elke kind! Vaardighede word aangeleer sodat mylpale behaal kan word. Interaksie tussen maats word aangemoedig en maats kry blootstelling aan gedrag wat sosiaal aanvaarbaar is.

Klassies vir alle ouderdomme: Events

NODDY KLAS

6 weke tot 1 jaar

Ons vat net 5 of 6 maatjies in die klassie sodat ons baie een-tot-een aandag aan hulle kan gee. Babamasering en rek en strek oefeninge word elke dag in die klassie gedoen. Alle nodige stimulasie word gegee sodat mylpale behaal kan word.

noddy-558804bfb1ad2.jpg
Klassies vir alle ouderdomme: Welcome

BARNEY KLAS

1 tot 2 jaar

Ons leer speel speel allerhande nuwe goedjies. Vaardighede word ontwikkel en ons leer om in interaksie met maats te tree. Ons leer deur ons vyf sintuie en ons kry die geleentheid om te eksperimenteer met dit wat ons sien, ruik, voel, hoor en proe.

Best-of-Barney.jpg
Klassies vir alle ouderdomme: Welcome
pic_1294145062_6.jpg

WINNIE THE POOH KLAS

2 tot 3 jaar

Ons is nou groot! Ons gaan nou "potty train". In die klassie word daar baie aandag aan sosiale vaardighede gegee. Ons maats moet nou leer om te deel en om saam met maatjies in groepe te kan werk. Hulle leer nou dat dit nie net die eie ek is wat belangrik is nie. Maats kry die geleentheid om te krabbel en met verf te kan eksperimenteer. Geleenthede tot verskeie leer en speel aktiwiteite word geskep vir kinders.

Klassies vir alle ouderdomme: Welcome
mickey_mouse-1097.jpg

MICKEY MOUSE KLAS

3 tot 4 jaar

Ons is nou groot! Ons kry nou nie meer glipsies nie en ons toon meer selfstandigheid. In hierdie klassie word daar gefokus op die verdere ontwikkeling van vaardighede soos knip, plak, potloodgreep ens. Ons geniet dit vreeslik om te speel en met nuwe goed te eksperimenteer. Aktiwiteite word gefokus op die kind se totale ontwikkeling.

Klassies vir alle ouderdomme: Welcome

SPONGEBOB KLAS

Graad RR - 4 tot 5 jaar

Ons word voorberei vir graad R! Hier word gefokus op vaardighede en ontwikkelings mylpale wat nodig is vir graad R. Ons speel en leer en ervaar allerhande nuwe goed. Sosiaal aanvaarbare gedrag word aan kinders geleer en kinders word aangemoedig om altyd `n positiewe invloed op mekaar te he. Verskeie geleenthede vir speel en leer word vir die kinders geskep en kreatiwiteit word aangemoedig.

download.png
Klassies vir alle ouderdomme: Welcome

SMURF KLAS

Graad RR (Engels) - 4 tot 5 jaar

Ons word voorberei vir graad R! Hier word gefokus op vaardighede en ontwikkelings mylpale wat nodig is vir graad R. Ons speel en leer en ervaar allerhande nuwe goed. Sosiaal aanvaarbare gedrag word aan kinders geleer en kinders word aangemoedig om altyd `n positiewe invloed op mekaar te he. Verskeie geleenthede vir speel en leer word vir die kinders geskep en kreatiwiteit word aangemoedig.

Male_Smurf_Comic_Book.jpg
Klassies vir alle ouderdomme: Welcome
download.jpg

NEMO KLAS

Graad R - 5 tot 6 jaar

Departementele CAPS program word gevolg om kinders voor te berei vir graad 1. Ons het `n gekwalifiseerde grondslagfase juffrou in ons graad R klas. Daar word op alle ontwikkelingsareas gefokus om te verseker dat ons maats skoolgereed is. Ons doen allerhande aktiwiteite soos kleispel, sandspel, waterspel, knip en plak, skeur, balspele, inkleur, verf, verbeeldingspel, legkaarte en baie meer. Alle geleenthede word in

Klassies vir alle ouderdomme: Welcome
bottom of page